Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

In Leef in Volkleur gesels Johan Smith oor verhoudings vanuit die vertrekpunt dat die mens se verhouding met God die grondslag vir alle ander verhoudings is.

Breë spektrum van verhoudings vanuit ’n Bybelse hoek bekyk

Leef in Volkleur deur Johan Smith

Uitgewer: LUCA Uitgewers, 2022

Resensent: Rethie van Niekerk

 

In Leef in Volkleur gesels Johan Smith oor verhoudings. Hy glo dat die lewe om verhoudings gaan. Die verhouding met God is die grondslag vir alle ander verhoudings.

Vanuit hierdie oortuiging kyk Smith dan na ’n breë spektrum van verhoudings: met God, self, lewensmaat, vriende, kinders, families, kleinkinders, ander gelowiges, verskillende kultuurgroepe, behoeftiges en kollegas. Ook ons verhouding met tegnologie, asook die natuur, word bespreek. 

Deur persoonlike vertellings uit die skrywer en ander se lewens, word hierdie verhoudings dan losweg binne die Bybel se lig geplaas. Smith haal ’n magdom bronne aan. Selfs Mark Driscoll, ’n kontroversiële figuur weens sy seksisme en boelie- en intimidasie-taktieke, kry ’n spreekbeurt in die hoofstuk oor die huwelik. 

Die hoofstuk oor grootouers en kleinkinders het besonder waardevolle insette oor grootouers se belangrike rolle, asook die grense wat grootouers moet respekteer. Die inset oor mede-gelowiges bied nodige insig oor eenheid en isolasie, met ’n treffende blik op die boek Jona. 

Hier en daar val woorde vreemd op die oor, wat die leser herinner dat daar ook ’n Engelse weergawe van die boek beskikbaar is. 

 

Bestel teen R250 by LAPA.

  • Ds Rethie van Niekerk is predikant by Blouwaterbaai Familiekerk in Gqeberha.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top