Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Vars en hoopvolle nadenke oor die wonder van die alledaagse

Ek weet dit alte goed deur Nico Smit

Uitgewer: Bybelkor, 2022

Resensent: Rethie van Niekerk

Verbeel jou jy grawe in ’n hoop groot, blink klippe. Dan, onverwags, ontdek jy ’n stukkie kosbare goud. Dit is Nico Smit se Ek weet dit alte goed.

Hierdie versameling kort oordenkings is vars en treffend. Helder en reguit gesels die skrywer oor die lewe. Soms word jy uitgenooi om sagter te kyk na die wêreld. Ander kere ruk ’n eenvoudige vertelling jou binneste oop.

Smit se onderliggende oortuiging is deurgaans helder: “Geestesgesondheid is nommer 1 én 2 én 3 op jou prioriteitslys.”

Hierdie oordenkings, geanker aan Psalm 139, is nie die tradisionele prekies bedek in godsdienstige taal nie. Dit is gewoon hoopvolle nadenke oor die wonder van die alledaagse.

Beskikbaar by Bybel-Media.

Ds Rethie van Niekerk is ’n predikant by Blouwaterbaai Familiekerk in Gqeberha.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top