Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Bybel-Media se Kinderkerskous-projek help befonds die Kinderpret-leesreeks wat reeds met groot vrug gebruik word om by kinders ’n liefde vir lees aan te wakker deur storievertellers van die Little Seeds Eenheid vir Vroeëkinderontwikkeling, ’n gesamentlike inisiatief van die Wes-Kaapse maatskaplike organisasie Badisa en Diaconia, die gesamentlike barmhartigheidsbediening van die NG Kerk en VGK. Foto: Argief

Só gee jy ’n geskenk van omgee en hoop aan kinders: Kerkbode vat weer hande met Kinderkerskous-projek

Só kan jy die projek ondersteun:

  • Betaal ’n donasie aan Bybel-Media (Kinderkerskous-projek), Absa bankrekeningnommer 4051181699 (takkode 632005) met as verwysing jou donateurnommer / selfoonnommer / e-posadres.

Kinderkerskous-projek gee vir honderde kinders geskenk van lees en geloof

In Suid-Afrika stoei ons nie net met ongeletterdheid en ’n gebrek aan leesvermoë nie, daar is ook ’n groot behoefte aan toegang tot bekostigbare kindervriendelike leesstof wat kinders geestelik opbou.

Daarom het Bybel-Media sowat ’n jaar terug saam met opvoeders die Kinderpret-leesreeks ontwikkel. Hierdie volkleurboekies, wat bekende stories uit die Ou Testament vertel, kan gebruik word vir voorlees, saamlees en selflees. Elke boekie bevat sigwoorde en woordeskatwoorde om saam met ’n laerskoolkind of leesgroepie aan te leer.

Bybel-Media se donateurskakel, Hannelie Matthee, vertel dat honderde van hierdie boekies verlede jaar uitgedeel kon word by skole en kinderhuise danksy donateurs se ondersteuning van die Kinderkerskous-projek, ’n gesamentlike inisiatief van Bybel-Media en Kerkbode.

Dieselfde leesreeks word ook reeds met groot vrug gebruik om by kinders ’n liefde vir lees aan te wakker deur storievertellers wat deel vorm van die Little Seeds Eenheid vir Vroeëkinderontwikkeling, ’n gesamentlike inisiatief van die Wes-Kaapse maatskaplike organisasie Badisa en Diaconia, die gesamentlike barmhartigheidsbediening van die NG Kerk en VGK.

Nog opwindende nuus is dat daar reeds gewerk word aan ’n nuwe leesreeks met stories uit die Nuwe Testament.

Die boekies is uiters bekostigbaar – ’n R100 betaal vir 36 volkleur boekies.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top