Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Groot Marico

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Emeritus om as ouderling met opdrag bediening bevestig te word.

SLUITINGSDATUM: 25 Oktober 2016.

GEMEENTEPROFIEL: Groot Marico is ’n klein plattelandse gemeente (familiekerk) met 98 belydende en 16 dooplidmate. Onder leiding van die Heilige Gees bly ons bewus van die feit dat ons roeping en opdrag is om die drie-enige God te verheerlik deur Hom elke dag dankbaar te dien en diensbaar te wees in die kerk en in die wêreld en so in te skakel by die werk waarmee die Here besig is. Daarom weet ons dat ons bestaan om te werk, nie werk om te bestaan nie. As deel van die uitvoering van die Here se opdrag word agt Bybelskool-kampusse in die Marico-gebied bedien met fasilitering en mentorskap aan die hand van die Nehemia Bybelinstituut se leerplanne.

VERWAGTING: Van die suksesvolle aansoeker word verwag om sy bediening uit te voer volgens Art 9 van die Kerkorde en so te help met die opbou van die Liggaam van Christus.

VERGOEDING: Onderhandelbaar volgens die gemeente se vermoë. Reiskoste word op ’n maandelikse basis geëis. ’n Pastorie en vakmangereedskap word ook voorsien.

AANSOEKE: Moet vergesel wees van ’n onlangse CV met kontakbesonderhede van minstens drie referente en ’n voltooide vraelys wat by die kerkkantoor beskikbaar is. Indien kortlys gehaal word, beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n preek. Moet aanduiding gee van wanneer diens aanvaar kan word.

KONTAKBESONDERHEDE:

Kerkkantoor: Skriba (Ma en Vry 08:00-12:00). Tel/faks: 014 503 0110.
E-pos: ngkmarico@altonet.co.za
Oudl ds A J Bezuidenhout (enige tyd). Tel/faks: 014 503 0086. Sel: 084 582 1152.
E-pos: ajbez123@gmail.com

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.