Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Kameelboom

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraarspos

Sluitingsdatum: 15 November 2016.

NG Kerk Kameelboom is geleë 150 km buite Vryburg in Noordwes en het twee preek­punte (Tosca, Leniesdeel), wat alternatiewelik bedien word. Die gemeente het sowat 170 belydende en 60 dooplidmate. Die gemeenskap maak hulle bestaan hoofsaaklik uit land­bou. Tosca het ’n laerskool, poskantoor, slaghuis, koöperasie en ’n algemene hande­laar.

Leraarprofiel:

Ons is ’n familiegroot gemeente waar huisbesoek en onderlinge betrokkenheid belangrik is. ’n Leraar wat gemaklik met mense oor die weg kom, vir wie goeie verhoudings belangrik is, en wat kans sien vir die eise van ’n plattelandse bediening sal waarskynlik hier sinvol kan bedien.

Vergoeding: 

  • Huisvesting word verskaf (water en elektrisiteit ingesluit).
  • Voertuigkomponent met sinodale aanbevelings as riglyn, sal onderhandel word met leraar.
  • Salarispakket – volgens aanbevole sinodale skaal.
  • Medies – sinodale aanbevelings sal as riglyn geld.

Aansoekers:

Enige predikant wat geroepe voel om by NG Kameelboom op ’n permanente basis te bedien word genooi om voor of op die 15 November 2016 ’n CV na ngkameelboom@gmail.com te stuur. Kandidate op die kortlys moet bereid wees vir verdere onderhoude/gesprekke.

Besoek gerus ons webtuiste by www.ngkameelboom.co.za

Let ook daarop dat die kerkraad die reg voorbehou om nie ’n aanstelling te maak nie.

Sluitingsdatum: 15 November 2016.

Navrae:

  • JP van der Berg 082 666 1624 (ouderling)
  • Martin Theron 072 179 6060 (diaken)
  • Marijke Nieuwoudt 079 842 5340 (skriba).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.