Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Viljoenskroon

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Kontrakpos: Jeugwerker

Sluitingsdatum: 9 November 2016

Die NG gemeente Viljoenskroon stel ’n kontrakpos vir die bediening aan die jeug binne die gemeente bekend.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die organisering van jeugbedie­ning van voorskoolse kinders tot jong volwassenes in samewerking met die kerkraad.

Met die oog daarop sal die volgende eienskappe as positief deur die gemeente beskou word:

  • Liefde vir God.
  • Liefde vir, en ’n toepaslike kennis van, God se Woord.
  • Liefde vir die NG Kerk.
  • Verkieslik beskik oor teologiese en/of jeugwerkkwalifikasie.
  • Groot liefde en passie vir kinders, jongmense en jong volwassenes.
  • ’n Passie en gawe om kinders en jongmense te begelei, te betrek en te vorm om in ’n verhouding met Jesus Christus te staan en hulle gawes as deel van die gemeente uit te leef.
  • Verkieslik oor vaardighede beskik om tegnologie relevant te gebruik sodat die evangelie doeltreffend aan kinders gekommunikeer kan word.
  • Die administratiewe en logistieke reëlings van kampe, uitstappies, kategese, uitreike, jeuggroepe, projekte en eredienste in samewerking met gawegroepe in die gemeente. Die begeleiding en uitbreiding van gawegroepe wat op die kinders gerig is in die gemeente.
  • Goeie interpersoonlike verhoudings.
  • Vermoë om in ’n span te werk en leiding te neem.
  • Identifisering en ondersteuning van pastorale en maatskaplike gevalle.
  • Beskik oor geldige bestuurderslisensie en eie vervoer.

VERGOEDING: Gratis huisvesting wat insluit water en krag en telefoonvoordele sal tot die kandidaat se beskikking wees. ’n Vergoedingspakket van tussen R5 000 en R7 000 sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

AANSOEKE:

Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV met drie referente.

CV’s moet vergesel word van ’n beskrywing van jou siening oor die rol van ’n jeugwerker in ’n plattelandse gemeenskap.

Sluitingsdatum vir aansoeke is 9 November 2016.

Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud op Saterdag, 26 November 2016.

Rig alle CV’s aan: ngviljoenskroon@telkomsa.net

Aanstellingsdatum: 16 Januarie 2017.

Kontraktermyn: 16 Januarie 2017 tot 31 Desember 2017 (jaarliks onderhandelbaar daarna).

Navrae: Ds Dries Cronjé 082 921 0435 of die kerkkantoor 056 343 2004 of 072 224 4431.

Die kerkraad behou hom die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.