Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Gemeenteleraar (Termynkontrak)
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2016 om 13:00.
Gemeenteprofiel:
Valleisig se roeping is om God se Koninkryk te verteenwoordig. Dit staan op drie pilare nl: Dissipelskap, Verhoudings en Feesvier. Ons leef dit uit deur vyf gewoontes en gebruike: Luister; Leer; Eet; Dien; Seën (L2EDS). Jy kan meer hieroor lees by www.valleisig.org.za
Valleisig is ’n gemeente met so tussen 2 500 en 3 000 lidmate waarvan ongeveer 23% 65 jaar en ouer is. Die gemeente is geleë in Faerie Glen in die ooste van Pretoria.
Leraarsprofiel:
Jy is iemand wat lief is vir die Here en jou verhouding met Hom uitleef. Jy het ’n passie vir seniors en wil hulle begelei op hul geloofspad, daarom doen jy moeite om verhoudings te bou met senior lidmate. Jy verstaan dat die bemagtiging en ondersteuning van vrywilligers krities is vir die bediening van seniors en is in staat om dit te doen. Jy het die vermoë om selfstandig en onafhanklik te werk. Jy is vaardig in die gebruik van rekenaars, multimedia en sosiale netwerke. Jy werk gemaklik in ’n span.
Posprofiel:
- Die pos is vir ʼn gemeenteleraar wat veral fokus op seniorbediening.
- Verantwoordelikhede van die pos sal insluit:
- Medewerking tot die roeping en strategie van Valleisig.
- Hart vir seniors en seniorbediening.
- Motivering, bemagtiging en aktivering van senior lidmate om die roeping van Valleisig uit te leef deur die beliggaming van die L2EDS. (Valleisig gemeente se gewoontes en gebruike).
- Toerusting van senior lidmate om te dien en nie net bedien te word nie.
- Pastorale versorging (veral aan seniors) deur huisbesoek, siekebesoek, sterwens- begeleiding en krisisbesoeke en -pastoraat.
- Neem medeverantwoordelikheid saam met aangewese lidmate vir die beplanning en koördinering van aangewese bedieninge.
- Identifisering en benutting van nuwe bedieningsgeleenthede.
Kontrak: Die leraar word aangestel op ’n vastetermynkontrak vir twee (2) jaar.
Vergoeding: Sinodale skaal dien as riglyn vir vergoeding. ’n Behuisingstoelaag is beskik-baar.
Aansoeke:
Stuur asb die volgende:
- ’n Volledige CV.
- Besonderhede van drie kontakbare referente.
- Voltooide aansoekvorm wat jy by die kerkkantoor kan kry.
- ʼn Opname van ʼn onlangse preek in elektroniese formaat.
Jy kan jou aansoek stuur aan: kantoor@valleisig.org.za
Vir navrae kontak die gemeentebestuurder Johann Vermeulen: 012 991 1542, kantoor@valleisig.org.za of ds Benja Ferreira: 084 873 6736, benjaf1102@gmail.com
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2016 om 13:00.
Die gemeenteraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
