Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraarspos
Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 November 2016.
Durbanville Gemeente se roeping: Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld.
Hierin lê drie fokusse saamgevat:
- Dissipelskap: Om daagliks in te oefen om in ’n verhouding met Christus te leef.
- Saamwees: Om hande te vat met medegelowiges binne en buite ons gemeente.
- Diens: Om God se medewerkers te wees daar waar ons leef en werk.
Predikant se profiel
Met Artikel 9 van die Kerkorde as basis, word die volgende fokusse verlang in hierdie voltydse leraarspos:
- Prediking: ’n Ervare prediker wie se preke goeie teologiese begronding, kontekstuele relevansie en geestelike diepte het, wat getuig van ’n deurleefde spiritualiteit.
- Gasvryheid: ’n Mens-mens met ’n opregte belangstelling in mense en die vermoë om mense in te trek, tuis te laat voel en deel te maak van die lewe van die gemeente.
- Lidmaatbemagtiging: Iemand met bedieningservaring wat lidmate se gawes kan raaksien, hulle passie kan aanspoor, vir hulle die nodige blootstelling kan gee en hulle sodoende kan begelei om hul Godgegewe roeping uit te leef.
Vergoeding
Salaris volgens die sinodale skaal vir predikante. ’n Pastorie is beskikbaar.
Aansoeke
Stuur ’n CV met drie referente, asook ’n motiveringsbrief waarom jy jouself in hierdie pos sien, vir Jackie Pretorius by jackie@durbanvillegemeente.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 November 2016.
Navrae
Ds André van Wyk: andre@durbanvillegemeente.co.za / 084 410 8479.
Dr Tinus van Zyl: tinusvz@durbanvillegemeente.co.za / 083 289 4985.
