Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk in SA

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

PSD: SKDB
(Sinodale Diensgroep vir Barmhartigheid) (Bellville)

Sluitingsdatum: 10 Januarie 2017 om 12:00

Die Sinode van die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-Kaapland) maak die vakature vir ’n PSD: SKDB – Sinodale Diensgroep vir Barmhartigheid – bekend en nooi alle belangstellendes wat daartoe geroepe voel om hulle vir hierdie pos beskikbaar te stel.

Die PSD: SKDB is onder andere verantwoordelik vir die volgende:

  • ondersteuning aan gemeentes in die ontwikkeling van missionale diakonaat;
  • ontwikkeling van strategieë, insluitend netwerke, ten opsigte van diakonaat;
  • ondersteuning van dienslewering op plaaslike vlak deur die benutting van NRO’s en regeringshulp;
  • samewerking met Badisa in gemeentes;
  • funksionering in die Diensgroep: Diaconia, wat ʼn gesamentlike bediening van die NG Kerk Wes-Kaapland en die VGKSA Kaapland is;
  • noue samewerking met PSD: Sinodale Kommissie vir Diakonale Dienste (VGKSA); en
  • ondersteuning en uitbou van al die taakspanne van die diensgroep (bv HospiVision en pastorale dienste).

Die ideale kandidaat is ’n gelegitimeerde predikant van die NG Kerk wat aan die volgende vereistes voldoen:

  • ervaring en kennis met betrekking tot missionale diakonaat;
  • duidelike roeping om gemeentes in hulle dienswerk te ondersteun en uit te bou;
  • vaardighede en kennis ten opsigte van die skep en uitbou van netwerke en verhoudings;
  • organisatoriese, bestuurs- en administratiewe vaardigheid; en
  • ’n passie en visie vir die verligting en opheffing van armoede met die fokus op vroeë- kindontwikkeling.

Vergoedingspakket: Volgens sinodale riglyne.

Rig ’n volledige CV voor 10 Januarie 2017 om 12:00 aan:

Die Bestuurder: Menslike Hulpbronne (Kenny Raats), NG Kerk in SA, Privaatsak X8, Bellville 7535.

E-pos: mailto:kraats@kaapkerk.co.za/ 021 957 7104

Verskaf ook ’n bondige voorlegging van maksimum twee bladsye waarin u uiteensit hoe u beoog om aandag te skenk aan die ondersteuning aan gemeentes in die ontwikkeling van missionale diakonaat.

Persoonlike navrae kan gerig word aan ds Dawid de Wet by 082 372 7734 óf ds Hans Steyn by 082 788 7899.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.