Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Luckhoff

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Voltydse – onbepaalde leraarspos

Sluitingsdatum: 11 Januarie 2017.

Gemeenteprofiel:

Die gemeente is ’n plattelandse gemeente, 180 km suidwes van Bloemfontein en 150 km suid van Kimberley. Die gemeente bestaan uit 89 besoekpunte, waarvan 36 op die dorp en 53 op die plase is. Die samestelling van die gemeente lyk soos volg: 1-19 jaar – 25%, 20-30 jaar – 8%, 30-40 jaar – 11%, 40-50 jaar – 14%, 50-60 jaar – 14% en 60+ – 28%.

Belydende lidmate: 150. Dooplidmate: 45.

Ons visie is “Lig, Liefde en Lewe”. Ons plaas baie klem op die bemagtiging van lidmate en funksioneer deur middel van ’n gawebediening.

Leraarsprofiel: Die ideale leraar moet:

  • ’n toegewyde, entoesiastiese gelowige wees wat erns maak met sy/haar verhouding met God;
  • inkoop in die visie van die gemeente;
  • die gemeente begelei op die pad van lidmaatsbemagtiging en vernuwing;
  • goeie menseverhoudings kan handhaaf.

Ampspligte: Volgens Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding: Salaris volgens sinodale skaal en ’n ruim pastorie.

Aansoekprosedure: Leraars wat hulle beskikbaar stel vir die pos moet ’n verkorte CV, nie meer as vier bladsye nie asook die name van drie referente stuur aan:
Die Voorsitter van die Kerkraad
Per faks: 053 206 0022
Per e-pos: ngkerkluckhoff@gmail.com

Indien kortlys gehaal word, moet kandidate beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n preek­beurt. Diensaanvaarding sal onderhandel word. Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak of om ’n beroep uit te bring nie.

Sluitingsdatum: 11 Januarie 2017.

Navrae: Klaas Viljoen, 082 411 3575

Albe Grobbelaar, 082 411 3574

CP Bloem, 072 111 7530

Bertha du Plessis (skriba), 082 966 3617.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.