Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse gemeenteleraar
SLUITING VAN AANSOEKE: 28 FEBRUARIE 2017
GEMEENTEPROFIEL:
NG gemeente Leonard is ’n klein, plattelandse gemeente te Leonardville, Namibië, waarvan die meeste lidmate op plase binne ’n radius van ongeveer 100 km woon. Die gemeente bestaan uit 78 besoekpunte met 151 belydende en 36 dooplidmate. ’n Volledige profiel van die gemeente kan by die skriba aangevra word.
LERAARSPROFIEL:
Die leraar moet gemaklik in ’n plattelandse omgewing as pastor en familievriend kan woon en werk, ’n persoon met:
• Toewyding aan sy roeping en die Skrif as enigste onfeilbare Woord van God.
• Ervare, opregte en inspirerende geestelike leierskap om die gemeente saam te bind.
• Gesonde, deelnemende, besorgde en liefdevolle menseverhoudinge.
• Belangstelling in en verwelkomende uitreik na mense in die gemeenskap.
• Goeie gesondheid vir veeleisende leef- en bedieningsomstandighede in die Kalahari.
Voorkeurprioriteite is:
• Woordgetroue, inspirerende, aktuele, verstaanbare prediking.
• Voorbidding, berading en huisbesoek.
• Goeie kommunikasie en probleemoplossingsvaardighede.
• Ervare geestelike leierskap en dissipelvorming om die gemeente se bedieningspotensiaal te ontsluit.
DIENSOMSKRYWING:
In ooreenstemming met die Kerkorde (2015) en Namibiese reglemente (2016) vir die beroeping, bevestiging, demissie en emeritaat van predikante.
VERGOEDING:
Vergoeding, by- en verlofvoordele soos bepaal deur die Kerkorde 2015, Namibiese reglemente 2016 en spesifiek volgens die 2017/18 rigskaal vir predikante in Namibië.
DIENSAANVAARDING: 1 JUNIE 2017
SLUITING VAN AANSOEKE: 28 FEBRUARIE 2017
AANSOEK
Belangstellendes kan hul persoonlike besonderhede en ’n verkorte CV per e-pos stuur na die skriba by ngleonardville@gmail.com
’n Kortlys sal saamgestel word en aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud en preekbeurt. Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
NAVRAE
Ds Mornay le Roux: 00264-(0)81 607 3180
Leierouderling: Kobus van Wyk: 00264-(0)81 149 4220, e-pos: kobusvw@iway.na
Skriba: Ina Alberts: 081 284 4733 of 00264-(0)62-56 9143.
