Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG NOORDOOS-PRETORIA

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar NGK Noordoos-Pretoria

Sluitingsdatum is 31 Maart 2017.

Die kerkraad nooi gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid binne die NG Kerk om aansoek te doen vir bogenoemde vakature.

1. Gemeenteprofiel

• Die gemeente is deel van die Noordelike Sinode van die NGK en val binne die ringsgebied van Derdepoort.

• Die gemeente is geleë in die residensiële gebiede van Queenswood, Kilnerpark en Waverley met ’n groot aantal lidmate ook woonagtig in ander voorstede.

• Die gemeente bestaan uit 520 belydende en 75 dooplidmate. Die ouderdomsverspreiding is: bo 60 52%, 46-59 16%, 26-45 14%, onder 25 18% en vereis spesifieke aandag vir elke ouderdomsgroep.

• Die gemeente is projekgedrewe met bedieningsfokusareas van aanbidding, toerusting en diensgetuienis deur al die ouderdomsgroepe. ’n Deeglike doelwit beplanningskedule bestaan.

• Die bedieningsmodel is ’n kombinasie van die herder/kudde en liggaam van Christusmodel.

• Die groot aantal lidmate bo 60 vereis ’n baie persoonlike bediening. Siekesorg stel hoë vereistes. Daar is twee tehuise vir bejaardes, Ebenhaeser en Ouderus, binne die gemeentegrense.

• Al die bedieningsvereistes soos Artikel 9 van die Kerkorde bepaal is vir die kerkraad en gemeente belangrik.

2. Leraarsprofiel

Die suksesvolle kandidaat sal ’n ervare leraar wees (minstens agt jaar bedieningservaring) wat die gemeenteprofiel met entoesiasme en toewyding in ag sal neem.

3. Aansoekprosedure

Belangstellendes stuur ’n beknopte CV (twee A4) aan die kerkkantoor en voltooi ’n vraelys wat by die kerkkantoor beskikbaar is.

Sluitingsdatum is 31 Maart 2017. Kandidate op die kortlys moet instem tot deelname aan ’n gedragsontledingstoets (DISC) op koste van die kerkraad.

4. Vergoeding

Volgens die riglyne van die Algemene Sinode van die NGK op TKVI basis. Inwoning van die pastorie is ’n vereiste.

5. Diensaanvaarding

Teen 1 Augustus 2017.

6. Die kerkraad behou hom die reg voor om sonder opgaaf van redes nie ’n aanstelling/ beroep uit die aansoekers uit te bring nie.

7. Navrae

Ds Thinus Grobler: 012 333 4319 / 082 564 2722, e-pos: marthinusjpgrobler@gmail.com

of administratiewe beampte (Piet Theron), kerkkantoor: 012 333 5526 / 083 313 6263, e-pos: nosspta@mweb.co.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.