Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Bemarkings- en Kommunikasiebeampte
Sluitingsdatum: 28 Februarie 2017
Rondekerk maak die vakature vir ’n Bemarkings- en Kommunikasiebeampte bekend en nooi belangstellendes om aansoek vir die pos te doen.
Sleutelprestasie-areas vir hierdie posisie sluit in:
- voorbereiding en verspreiding van alle gemeentelike kommunikasie;
- opstel en aanbieding van alle elektroniese aanbiedinge ingesluit sosiale media, videos,
- foto’s, plakkate en kommunikasieborde;
- deelname aan die visie, plan, droom en hartklop van die gemeente;
- enige ander relevante funksie wat die gemeente se kommunikasieproses dien en uitbou.
Die kandidaat voldoen aan die volgende vereistes:
- bewese kommunikasievaardighede;
- bewese rekenaarvaardighede;
- bewese taal- en skryfvaardighede in Afrikaans en verkieslik ook in Engels;
- bewese vermoë om te formuleer;
- uitstekende interpersoonlike vaardighede;
- ervaring in internetplatforms asook kommunikasietoepassings en -programme;
- ervaring van grafiese ontwerp is ’n sterk aanbeveling;
- ervaring in videovervaardiging en redigering is ’n sterk aanbeveling;
- bewese beplanning- en administrasievaardighede.
Vergoedingspakket: Mededingend en sal tydens onderhoud bespreek word.
Stuur ’n volledige CV voor 28 Februarie 2017 aan anne@rondekerk.co.za
Navrae kan gerig word aan ds Henry Stopforth by 083 229 1750.
Kortlyskandidate sal telefonies gekontak word.
Neem asb kennis dat onderhoude by die kerkkantoor in Secunda sal plaasvind en dat die genooide kandidaat vir eie onkostes verantwoordelik is.
Diensaanvaarding:1 April 2017 of spoedig daarna.
