Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar
Sluitingsdatum: 20 Maart 2017.
In biddende afhanklikheid van die Here wag die NG gemeente Vergelegen aansoeke in om die leraarspos. Alle gelegitimeerdes van die NG Kerk is welkom om aansoek te doen vir die pos.
Vergelegen is geleë 150 km noord van Vryburg in die Noordwes-Provinsie. Die plekkie het ’n kerk, ’n pastorie en ’n koöperasie. Dit is ’n baie klein plattelandse gemeente in ’n uitgestrekte boeregemeenskap. Die gemeente het twee preekpunte wat albei elke Sondag bedien word. Grondpaaie is deel van ons lewe. Die gemeente bestaan uit 56 belydende en 8 dooplidmate.
Leraarspligte en profiel:
• Gewone predikantspligte volgens Art 9 van die Kerkorde.
• Begrip en passie hê vir die uitdagings van ’n plattelandse gemeente.
• Moet belangstel en betrokke wees (waar nodig) in die aktiwiteite van die lidmate.
Vergoedingspakket:
• Onderhandelbaar volgens Noord-Kaapland se sinodale riglyne.
• Gratis huisvesting in die pastorie.
• Reistoelaag
Aansoeke: CV van hoogstens vyf bladsye met vermelding en besonderhede van drie referente.
Kontakbesonderhede:
• Stuur CV per e-pos aan: ngkerk.vergelegen@gmail.com
• Navrae kan gerig word aan:
Ouderling: Dries Esterhuyse, sel: 082 468 7794.
Konsulent: Ds L de Villiers, sel: 082 847 4366.
Skriba: Sonet de Wet, sel: 083 417 3622.
Sluitingsdatum: 20 Maart 2017.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
