Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE SONSTRAAL

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Medeleraar (Mosaïek)

Sluitingsdatum: 12 Mei 2017.

Skriftelike aansoeke word ingewag vir die bogenoemde voltydse pos. Begindatum is 1 Julie 2017.

Gemeenteprofiel:

  • Die gemeente is 30 jaar oud en in Durbanville geleë.
  • Dit is ’n makrogemeente met ongeveer 4 700 lidmate en ’n diversiteit van ere­dienste en bedieninge.
  • Mosaïek is reeds 15 jaar ’n bepaalde groeipunt van die gemeente met ongeveer 2 400 lidmate wat oor die volle ouderdomspektrum strek met ’n groot komponent jong kinders.
  • Mosaïek is informeel in karakter.

Profiel van kandidaat:

  • Die vaardigheid van Woordverkondiging binne ’n nie-tradisionalistiese omgewing.
  • ’n Visioenêre persoon met ’n missionale gerigtheid.
  • Moet vanuit ’n dissipelmakende perspektief kan werk.
  • Verhoudingsgeoriënteerd wat ook in spanverband kan werk
  • Kreatiwiteit tov liturgiese simbole en aanbiddingsvorme.
  • Sewe en meer jaar ervaring is ’n sterk aanbeveling.

Verantwoordelikhede:

  • Bedien alle fasette van die groeipunt, Mosaïek.
  • Die vermoë om Sonstraal-gemeente in totaal te bedien.
  • Leiding van eredienste, insluitend inspirerende preke.
  • Opbou van familiebediening en koinoniastrukture.
  • Strategiese beplanning en implementering.
  • Pastorale sorg, insluitend senior lidmaat-bediening.
  • Ander bedieningsverantwoordelikhede soos deur die kerkraad bepaal.

Aansoeke: Rig ’n aansoekbrief vergesel van ’n CV asook drie verwysings wat gekontak kan word aan die Saakgelastigde, NG gemeente Sonstraal, Posbus 809, Durbanville 7551 of e-pos: kantoor@sonstraal.org.za gemerk: Leraarspos. Keuringsprosesse mag verwysings, psigometriese toetse en verifiëring insluit.

Sluitingsdatum: 12 Mei 2017.

Navrae: Felicity de Kock, Saakgelastigde (021 976 1236) of Ronel van Tonder, Diens­verhoudinge (083 631 7682). Verdere inligting by www.sonstraal.org.za

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.