Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Voltydse leraarspos
Sluitingsdatum: 31 Mei 2017.
Die dinamiese NG gemeente Empangeni aan die KwaZulu-Natal se Noordkus het ’n vakature vir ’n voltydse leraarspos.
Die leraar sal gevestig word in Mtunzini, ’n rustige leefstyl kusdorp aan die KwaZulu-Natalse Noordkus.
Die gemeente bestaan uit drie bedieningspunte in Empangeni, Kwambonambi en Mtunzini. Die leraar sal verantwoordelik wees om die drie bedieningspunte te versorg in samewerking met ’n gevestigde leraar van die gemeente.
Diensaanvaarding is 1 Augustus 2017 of so spoedig moontlik daarna.
Vergoeding is onderhandelbaar volgens sinodale skaal tot en met vlak 5, plus reistoelaag.
Stuur volledige Curriculum Vitae wat bedieningsvoorkeure aantoon met kontakbesonderhede van minstens twee referente per e-pos aan die Skriba, NG Kerk Empangeni by ngkemp@telkomsa.net om ons te bereik voor 31 Mei 2017.
Verdere inligting en volledige posomskrywing kan verkry word van die kerkkantoor.
Tel: 035 772 3644
E-pos: ngkemp@telkomsa.net
