“As leaders of the Christian faith, we continue to pray for a country where we defeat corruption, enhance accountability and deepen scrutiny, guided by the Biblical instruction to ‘learn to do right; seek justice’ (Isaiah 1:17),” sê eerw. Mzwandile Molo in ‘n verklaring wat op 8 Mei uitgereik is.
Molo, die algemene sekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK), het reageer op die land se hoogste hof se onlangse uitspraak oor die Phala Phala-gebeure. Hy het dit omskryf as ‘n bevestiging van grondwetlike aanspreeklikheid bo parlementêre meerderheidsdenke.
Lees ook: Elders gesien: NG Kerk praat saam met kerke in Vryheidsdagverklaring oor onreg in Gasa en ‘vals narratief oor wit volksmoord in SA’
Molo se kommentaar hou verband met ’n 2022-verslag oor president Cyril Ramaphosa se hantering van ’n diefstal van derduisende Amerikaanse dollars vanaf sy Phala Phala-wildsplaas. Die kerkleier noem wel in die verklaring hulle sien nie die konstitusionele hofuitslag as ’n bevestiging dat Ramaphosa verkeerd opgetree het of andersom nie.
Ramaphosa het intussen op Maandagaand (11 Mei) tydens ’n regstreekse uitsending aan die nasie gesê hy gaan nie uit sy amp bedank nie.
“It is our hope that political parties and members of the National Assembly will treat this matter with the solemnity and seriousness it deserves. May this be a moment of deep reflection for this country and its political parties, beyond narrow political interests,” het Molo ook gesê. Sien die volledige verklaring onder.
SACC RESPONDS TO CONSTITUTIONAL COURT RULING ON THE PHALA PHALA MATTER
