Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Tentmaker
SLUITINGSDATUM: 1 Junie 2017.
Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die tentmakerspos van predikant:
GEMEENTEPROFIEL:
Sondagsriviermond is ’n klein gemeente, geleë 45 km noord van Port Elizabeth op die oewer van die Sondagsrivier waar dit in die see inloop by Colchester/Cannonville. Die hele gebied beslaan 336 huise. Ander denominasies wat in die gebied bedien, is die Metodiste, Anglikaanse en die Immanuel Kerk. Lidmaattal: ±140 lidmate (doop en belydend). Ses wyke waarvan twee wyke klein plaaswyke is (±30 besoekpunte). Die lidmate is hoofsaaklik pensioenarisse.
KANDIDAAT:
Die kerkraad het besluit om nie ’n vereiste te stel ten opsigte van die kandidaat se diensjare en ondervinding nie, en sal alle aansoeke oorweeg. Van die kandidaat sal verwag word om die gemeente te bedien in alle fasette van die gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde. Die volgende vereistes is van besondere belang vir die kerkraad:
- ’n Sterk gereformeerde teologiese uitkyk met ’n besondere klem op die suiwerheid van die leer soos verwoord in die kerk se belydenisskrifte.
- ’n Passie vir die bediening van die Woord in alle fasette van die gemeentewerk.
- Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate, pastoraat, hospitaalbesoek en huisbesoek volgens die behoefte van die gemeente.
- Bereid wees om positiewe skakeling met die ander kerke te bevorder en in stand te hou, wat kruiskulturele skakeling insluit.
VERGOEDING:
Die vergoedingspakket beloop R15,000 per maand (Totale koste van indiensneming).
AANSOEKE:
Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV, twee onlangse getuigskrifte sowel as die name van minstens vier referente.
Kandidate moet ’n vraelys voltooi wat by die ondergenoemde adres beskikbaar is.
SLUITINGSDATUM vir aansoeke: 1 Junie 2017.
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud indien daartoe versoek.
STUUR AANSOEKE AAN: Die Voorsitter, Diensverhoudinge Kommissie
E-pos: gerrie@huisminette.co.za
Navrae: Gerrie Bezuidenhout, tel: 082 654 9558/041 922 8225.
Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie. Kandidate wat binne een maand vanaf die sluitingsdatum nie vir ’n onderhoud genooi word nie, moet hulle aansoeke as onsuksesvol beskou.
