Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Toringkerk: Jeugkoördineerder/Diensleraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Jeugkoördineerder/Diensleraar

Toringkerk is in die hart van die Paarl, wat nou onlangs as stad verklaar is, maar wat nog steeds ’n plattelandse gevoel het. Die kerkgebou is in die middel van die dorp naby die CBD. Die Toringkerk-familie is vir meer as 150 jaar ’n hawe van God se genade en omgee vir lidmate, besoekers, vreemdelinge en behoeftiges.

Word jy na ons geloofsfamilie geroep om die volgende te kom doen?

  1. Jeugbediening en geestelike begeleiding

Die bestuur en ontwikkeling van ons geloofsfamilie se bediening aan voorskoolkinders, laerskoolkinders, tieners en studente, in samewerking met vrywilligers. Jy moet ’n opregte passie en gawe hê om jongmense en hulle ouers geestelik te begelei.

  1. Ons het ’n hart vir die gemeenskap

Jy moet ’n brug tussen ons geloofsfamlie en gemeenskap vorm om mense in te nooi in ons geloofsfamilie en jongmense toerus en mobiliseer om die gemeenskap te dien.

  1. Leierskap en organisasie

Jy is ’n energieke persoon, met sterk leierseienskappe, goeie organisatoriese vermoë en die kapasiteit om bedieninge, programme en vrywilligers te koördineer. Jy het al meer as vyf jaar ervaring in jeugbediening.

  1. Verhoudings en spanwerk

Jy het uitstekende interpersoonlike en kommunikasievaardighede, met die vermoë om goeie verhoudings met kinders, jongmense, ouers, vrywilligers en kollegas te bou.

Vergoeding en voordele: Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.

Hierdie is ’n 4/8 pos.

Aansoek: Aansoekers moet teen die sperdatum ’n volledige CV stuur aan die kerkkantoor: info@toringkerk.co.za

Dit staan aansoekers vry om ’n kort bekendstellingsvideo van hulleself in te stuur.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Oktober 2026.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2027.

Navrae: Jana: jana@toringkerk.co.za; Peet: peet@toringkerk.co.za;

Dawfre: dawfre@toringkerk.co.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top