Kerkbode: Wie lees waar?

INTERAKTIEF: Só lyk Kerkbode se verspreidingsgebied

Baie dankie aan elke lidmaat en gemeente wat weer vanjaar sy / haar steun vir Kerkbode se joernalistieke doelwit gewys het deur in te teken op die gedrukte koerant. Dis heerlik om te werk aan ’n produk wat van Bredasdorp tot Otavi stories vertel! Hierdie subskripsies is steeds ’n noodsaaklike deel van ons sakemodel. Dit laat ons toe om te belê in digitale platforms soos www.kerkbode.co.za en die Kerkbode-app wat tans gratis aan alle gebruikers beskikbaar is. Die syfers waarna ons kyk wanneer dit by Kerkbode se webwerf kom, is die groei in klieks (bladlese) en unieke gebruikers. Ons het in 2019 altesaam 1,1 miljoen klieks gekry, wat sowat 400 000 meer is as die aantal klieks in 2018. Meer as 178 000 unieke gebruikers het ons stories, rubriek of vakatures kom lees en ons hoop om hulle almal weer deur die loop van 2020 te sien.

Die interaktiewe kaart hieronder toon hoeveel gemeentes in Suid-Afrika en Namibië steeds inteken op ’n koerant wat vanjaar 171 jaar oud is.

Om in te teken vir so min as R11 per gedrukte uitgawe (ons verskyn 18 keer per jaar), KLIEK HIER. – Redakteur.