Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Sing Missionaal


In die hart van Paasfees lê Jesus se selfopofferende liefde. Dit is die voorbeeld waarmee Hy sy kerk die wêreld in stuur. Hiervan sing die gebed van Franciskus van Assisi in Lied 284:

1.
Laat, Heer, u vrede deur my vloei … 
waar haat is laat ek daar u liefde bring.
Laat ek in pyn en smart vertroostend wees
en krag gee deur geloof in U, o Heer.

Refrein
O Heer, help my om altyd so te leef –
om ander hoër as myself te ag,
ja, om lief te hê – ander bo myself –
en ook eerder te gee as te verwag

2.
Laat, Heer u vrede deur my vloei 
en laat ek hoop gee waar daar twyfel is.
Ek wil u lig in duisternis laat skyn.
Laat ware vreugde altyd uit my straal.

Refrein
O Heer, help my om altyd so te leef –
om ander hoër as myself te ag,
ja, om lief te hê – ander bo myself – 
en ook eerder te gee as te verwag

3.
Laat, Heer, u vrede deur my vloei …
leer my om ook soos U te kan vergeef.
Maak my bereid om aan myself te sterf,
dat ander U al meer in my kan sien.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top