Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Aanvaar ons, asseblief

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Anoniem skryf:

Baie dankie aan Kerkbode vir die waardige wyse waarop die debat oor homoseksualiteit aangebied word. Ek volg dit met groot belangstelling.

Ek is bykans 60, ná meer as 37 jaar steeds getroud, pa van twee volwasse kinders en twee skoonkinders en oupa van ’n aantal kleinkinders, maar ek is gay. Ek het met ’n groot emosionele proses ’n aantal jare gelede teenoor my vrou en kinders uit die kas gekom. Dit was ongelooflik traumaties vir my en almal rondom my, maar terselfdertyd ’n ongelooflike proses van bevryding wat ek daardeur beleef het. Net deur die genade van die Here het ons huwelik en gesin bly staan.

Ek en my vrou is steeds lief vir mekaar en steeds getroud, maar erken die verskille wat tussen ons bestaan en hanteer mekaar met groot respek.

Soos in my geval, om getroud te wees en nie in ’n verhouding nie, het nog nooit gemaak dat ek ophou om gay te wees nie. Ek glo dat God vooraf geweet het dat ek sou gay wees en dat Hy my so liefhet. Ek kan dus nie sien dat daar enige sonde is waarvoor ek vergifnis hoef te vra, of dat ek moet ophou om iets te doen nie.

Teenoor die gemeenskap, en veral my kerkgemeenskap, moet ek steeds in die kas bly uit vrees vir verwerping van myself en my gesin. Dit was egter ’n baie spesiale ervaring toe ek en my vrou onlangs skielik een dag teen­oor ons Bybelstudiegroep letterlik uit die kas geval het en ons in daardie klein, intieme groep net met liefde omvou is.

My groot bede is dat ons as gay mense aanvaar sal word as maar net nog ’n normale persoon wat die reg het om in ’n verhouding van liefde en trou sy of haar lewe met ’n maat te kan deel.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top