’n Missionale kerk dink nie net aan haarself nie. Daarom sing ’n missionale kerk ook oor meer as net haar eie verhouding met God. Tydens Pinkster is ’n lied soos Lied 224 in die Liedboek van die kerk daarom baie gepas. Dit is ’n Taizé-lied met woorde wat in Afrikaans en Latyn uitnooi:
Kom prys Hom alle nasies.
Kom sing, kom loof die Heer!
Kom prys Hom alle volke.
Kom sing, kom loof die Heer!
Laudate omnes gentes,
Laudate Dominum.
Laudate omnes gentes,
Laudate Dominum.
Geborg