Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Diensplig is ’n ereplig

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Shai Mulder van Barberton skryf:

Die artikel in Kerkbode van 19 Februarie 2016, “Versoeningswerk is nou nodig” met dr Theresa Edlmann, verwys.

As oudsoldaat neem ek kennis daarvan dat militêre diensplig uitgesonder word vir die grensoorlog se geestelike letsels en slegte verlede. Dat soldate grutonele van moord en doodslag beleef het, is so! – wat kan anders verwag word van oorlog? Die staandemag, burgermag en kommandomagte van weleer het skouer aan skouer met dienspligtiges geveg. Wat meer is, wit-, swart-, bruin- en Indiërmans het saam in die Suid-Afrikaanse Weermag gedien en geveg.

Vandag se generasies beleef veel erger trauma. Moord en doodslag is nie meer op die grens nie, maar by ons op straat en in ons huise. Die media herinner ons elke dag met elke koerant en elke nuusbulletin daaraan.

Moenie net dink aan die oud-dienspligtiges nie. Wat van al die volke wat saam in die loopgrawe geveg het? Wat van die geweld in ons Suid-Afrikaanse gemeenskap?

Versoening met God is die enigste antwoord. “Ja!” vir versoening met die grusame verlede, maar ook “Ja!” vir versoening met die grusame hede.

Dissipline en selfdissipline is die antwoord vir alle Suid-Afrikaners. “Ja” vir nasionale diensplig vir alle be-volkingsgroepe se mans – vir ’n beter Suid-Afrika. Diens­plig is ’n ereplig.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top