As ons ’n missionale kerk wil wees, is dit belangrik dat ons kinders ook verstaan waaroor kerkwees gaan. ’n Kinderlied met ’n missionale boodskap, is VONKK-lied 82, wat vir ouer lidmate bekend sal wees uit die destydse Halleluja-bundel. Die eerste twee strofes lui:
1.
Laat ons skyn vir Jesus met ’n helder glans,
skitter soos die sterre in die hemel saans.
In die donker wêreld waar die lig verdwyn –
skyn daar met jou liggie, al is dit klein.
2.
Laat ons skyn vir Jesus en met blydskap sing –
só sy liefdesboodskap ook aan ander bring.
Hy help jou en lei jou. Hy stap met jou saam.
Skyn dan só vir Jesus net waar jy gaan.
Geborg
