Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Mike Maatjan van die VGK Kraaifontein skryf:
Met verwysing na Rudolph Scharneck se brief “Tel die rommel op” (Kerkbode, 17 Junie 2016).
Dit was ’n Maandag in Oktober 2015 tydens ’n tiener-uitreikaksie van die NGK Stellenberg, waarvan ek ’n lid was, dat ek gesien het ’n polisieman tel rommel op. Konstabel Louw van die SAPD Vosburg stap saam met my deur hulle dorpie se strate en wys my een en ander van die dorp Vosburg.
Ek onthou nie meer veel van wat hy my gewys en vertel het nie. Maar wat ek wel onthou, en nooit mag vergeet nie, is dat die konstabel, in uniform, rommel opgetel het so ver soos ons gestap het en dit dan in vullishouers langs die paaie gegooi het.
Sonder om eens daarvan te praat, het die konstabel sy deel gedoen om God se skepping te bewaar. Sy voorbeeld is beslis navolgenswaardig.
Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.
