Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Matie-proponent van Bellville skryf:
Dr Dawie Botes sê op bladsy 13 van die Kerkbode van 3 Junie die volgende: “Hoe hanteer ons drie teologiese fakulteite nog die Skrif en ons belydenisskrifte? Nie een van die drie fakulteite is meer NG of Gereformeerd nie.”
Ek kan net oor die fakulteit op Stellenbosch praat, aangesien dit my alma mater is. Dit is so dat daar verskeie denominasies is wie se studente daar studeer. Dit is dus nie meer eksklusief NG nie, maar die teologie wat daar geleer word, is steeds gereformeerd. Die Skrif word in ’n ernstige lig beskou, daarom speel die departement van Ou en Nuwe Testament ’n baie belangrike rol in die fakulteit en kurrikulum wat daar geleer word.
Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.
