Eer aan die Vader (Lied 207) is ’n besondere loflied wat lekker uit volle bors gesing kan word. Dié lof gaan teen die vierde strofe oor in ’n gebed om ’n getroue getuie te wees, ’n gebed wat deel is van ’n missionale kerk se ingesteldheid. Dié strofe met die refrein, lui so:
Maak ons, o Heer, u getroue getuies
dat ons met vreugde dit oral vertel:
Christus, oorwinnaar oor dood en oor chaos,
Hy ken ons nood, Hy kom red en herstel.
Ere aan God! Die Heer van alle here
woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees.
Gee ons die liefde, geloof en vertroue
om u gehoorsame kinders te wees.
Geborg
