Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Word ’n sendeling

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Shai Mulder van Barberton skryf:

Ek reageer op Dirk du Preez van Deneysville se brief in Kerkbode van 19 Augustus, “Wat van my roeping?”

Dirk het op 17 besluit om predikant te word in die NG Kerk, maar dertig jaar later is sy droom nie bewaarheid nie weens finansies. God het Moses geroep om die Israeliete die beloofde land in te lei. God se voorbereiding van Moses het veertig jaar in die woestyn ingesluit en op tagtig kan Moses die groot taak aanpak.

Ons is as gelowiges geroep om elke dag ’n getuie van God te wees, ook op die markplein. Op die oom­blik mag dit dalk onmoontlik wees om ’n predikant van die NG Kerk te word. Wat daarvan om ’n sendeling te word by ’n sendingorganisasie? Die predikant en sendeling werk albei vir God. Dis wonderlik dat jy jouself bekwaam deur die teologie te bestudeer. Vra vir God waar en wanneer wil Hy jou voltyds in sy ­diens hê. Handelinge 1:8 en Matteus 28:19-20.

My pa wou hê ek moes predikant word. God se plan was dat ek soos Moses eers voorberei moes word vir my lewensroeping. Na 35 jaar in die Suid-Afrikaanse Weermag is ek reeds 18 jaar in die sending en nou by Back to the Bible Mission nadat ek en my vrou, Elreza, ons ook teologies moes bekwaam het.

God se weermag is dinamies en bestaan uit meer as net die NG Kerk. Spreuke 3:5-6: “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.”


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top