Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Dit is eenvoudig nie die waarheid nie’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Marita van Leeuwen van George skryf:

Ek skryf in reaksie op die brief (“Dit gaan oor mag“) van Quintus Smit.

Hy skryf dat temas soos die gay kwessie ens nie te doen het met teologiese argumente oor fundamentele kerklike leerstellings nie, maar dat dit eerder gaan oor on-mag en die oorgeërfde kultuur gebou op ‘n paternalisties oordrewe Calvinisme.

Dit is eenvoudig nie die waarheid nie. In my gemeente was daar juis van die ouer geslag mense wat gelukkig was oor die 2015-besluit en van die jonger geslag wat nooit diensplig gedoen het nie, wat sterk teen die 2015-besluit gekant was.

Die argumente in guns van gay huwelike kan nie teologies verdedig word nie, vandaar die 2016- besluit. Huwelik as eksklusief tussen een man en een vrou is natuurlik ‘n fundamentele kerklike leerstelling.

Die brief is dus oneerlik in ‘n poging om die skuld vir die 2016-besluit op ‘n denkbeeldige paternalisme van die Afrikaner te plaas, in plaas van die ware rede dat die 2015-besluit onverdedigbaar is.

Die stelling dat lede wat teen gay huwelike gekant is, dan noodwendig liefdeloos en onverdraagsaam is, is vals. Dit staan nie teenoor mekaar nie. Jesus het nooit mense in hulle sonde gelos nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top