Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

Psalm 8 handel nie net oor die “aansien en eer” van die mens nie, maar ook oor die wonderlike Naam van die Here (verse 2 en 10) wat blyk uit die skoonheid en omvang van die skepping. Nie alleen behoort hierdie planeet aan Hom nie (Ps 24:1), dis sy woonplek (Ps 33:5), die voorwerp van sy heilswerk (Joh 3:16) en, les bes, die openbaring van sy heerlikheid.

Verwaarlosing en vernietiging van die aarde vir eie gewin, tas dus God se Naam aan, skend sy woning, min­ag sy refleksie in die Skepping – en mond uit in ’n gebrekkige Godsbeskouing.

Versorging van die omgewing bring egter ’n dieper verstaan van en liefde vir die Een wat ook meer is as sy Skepping en wat in sy Seun na hierdie aarde gekom het. Só word omgewingsorg deel van ons aanbidding en ’n coram Deo-dankbaarheidslewe, oftewel, ’n “aardse spiritua­liteit”, aldus Ernst Conradie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top