Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en Groen

Soos die Israeliete in die woestyn moes agterkom, is water ’n noodsaaklike lewensmiddel en boonop skaars. Water dek 71% van die aarde se oppervlakte, maar slegs 1% daarvan is geskik vir gebruik, want van elke 100 druppels water op die aardbol is slegs drie vars, twee daarvan in ys vasgevang, en die een wat oorbly, grotendeels ondergronds.

Gebruik ons die bloedsomloop as beeld van die aarde se netwerk van riviere, damme en vleilande, blyk dit dat die pasiënt terminaal is: die marine-lewe word ernstig bedreig deur grootskaalse besoedeling soos drywende vastelande-plastiekafval in die oseane; besmetting het verder tot ge­volg dat ongeveer 12 miljoen Suid-Afrikaners nie toegang het tot veilige drinkwater nie – ’n groeiende krisis.

Hoe nou gemaak vir ons pasiënt se oorlewing? Die bloedsomloop is ’n geslote sisteem, ons kan die watervoorraad nie aanvul nie, maar tog versigtig gebruik. Onthou, ons het net die een druppel om van te lewe.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top