Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Beskik oor twee vakante bedieningsruimtes wat nie aan ’n ouderdomsprofiel gekoppel is nie. Enige proponent of predikant is welkom om aansoek vir enige van die poste te doen. Dui net duidelik aan vir watter profiel u in aanmerking geneem wil word.
Sluitingsdatum: 9 Junie 2017.
Profiel van predikant een
Primêre verantwoordelikhede:
- Ontwikkeling en implementering van ’n jeugbedieningstrategie met die doel om groei en betrokkenheid onder die jeug te bevorder en onder andere die volgende insluit:
• Jeugbediening insluitende jeugdienste.
• Bestuur en koördineering van kategete en kategese.
• Tema en jaarprogram vir die kinder-, kleuterkerk en jeugbediening.
• Jeugaktiwiteite insluitend kampe.
• Skakeling met skole van die omgewing.
2. Ontwikkeling en implementering van kommunikasiemiddele en bedieningskanale, bv die gebruik van sosiale media en youtube.
Sekondêre verantwoordelikhede soos uiteengesit in 3.2.6 in die Kerkorde wat onder andere insluit:
• Hou van eredienste.
• Bediening van sakramente.
• Hou van begrafnisse en huweliksbevestigings.
• Besoeke aan bejaardes, siekes, nuwe lidmate en persone wat sodanige behoefte uitspreek.
• Algemene gemeentelike bestuur en administrasie.
• Maandelikse verslagdoening oor areas van verantwoordelikheid.
Die betrokke kandidaat moet oor die volgende vaardighede en karaktereienskappe beskik:
• Interpersoonlike vaardighede met inagneming van die uiteenlopende ouderdoms- profiele in die gemeente maar veral gefokus op die jeug.
• Dinamiese persoon om by die toenemende veranderende behoeftes en uitdagings van die jeug aan te pas.
• Missionaalgerig wees.
• Beïnvloedingsvermoë.
• Deursettingsvermoë.
• Vaardigheid in die aanwending van tegnologiese hulpmiddels.
• Aanpasbare bedieningsmetodiek vir tradisionele, sowel as alternatiewe dienste.
• Passievol en energiek.
Profiel van predikant twee
Primêre verantwoordelikhede:
1. Ontwikkeling en implementering van ’n strategie wat meelewing, groei en betrokkenheid by
die gemeente bevorder en onder andere die volgende insluit:
• Vestiging en koördinering van belange-, omgee-, bejaarde- en Bybelstudiegroepe.
• Opstel van temas en jaarprogramme.
2. Ontwikkeling en implementering van kommunikasiemiddele en bedieningskanale, bv die aanwending van sosiale media en youtube.
Sekondêre verantwoordelikhede soos uiteengesit in 3.2.6 in die Kerkorde wat onder andere insluit:
• Hou van eredienste.
• Bediening van sakramente.
• Hou van begrafnisse en huweliksbevestigings.
• Siekebesoeke.
• Besoeke aan bejaardes, siekes, nuwe lidmate en persone wat sodanige behoefte uitspreek.
• Algemene gemeentelike bestuur en administrasie.
• Maandelikse verslagdoening oor areas van verantwoordelikheid.
Die betrokke kandidaat moet oor die volgende vaardighede en karaktereienskappe beskik:
• Interpersoonlike vaardighede met inagneming van die uiteenlopende ouderdoms- profiele in die gemeente.
• Dinamiese persoon.
• Missionaalgerig wees.
• Beïnvloedingsvermoë.
• Deursettingsvermoë.
• Aanwending van tegnologiese hulpmiddels.
• Passievol en energiek.
• Aanpasbare bedieningsmetodiek vir tradisionele sowel as alternatiewe dienste.
Posinligting vir beide poste
• Die aanvanklike aanstellingstermyn is vir twee jaar maar kan ook verleng word.
• Vergoeding is gebasseer op die 5 tot 6 jaar traktementskaal van die kerk.
• Alle aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV, ’n persoonlike profiel asook
’n videogreep van omtrent 30 sekondes waar die kandidaat hom/haarself aan die kerkraad bekendstel.
• Rig aansoeke aan die skriba, J Swanepoel (jan.swanepoel@ascendishealth.com).
• Sluitingsdatum: 9 Junie 2017.
• Die beroepskomitee behou die reg voor om ’n kortlys saam te stel vanuit die aansoeke wat ontvang word.
