Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die evangelie van brose stories

Hierdie is 'n opiniestuk.
Die skrywer se standpunte weerspieël nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Om ’n kampvuur in die stilte, of onder ’n boom in die veld en selfs in die rumoer van ’n besige straathoek hoor ons ’n stem. Dit is ’n stem wat ons versigtig, tog met ywer innooi. Nooi om te kom dans op die wolke van ’n kouefront en op die melodie van ’n meesterstuk wat die hele skepping bind. Hierdie stem is die stem van ’n storie, God se storie.

Stories onderstreep die kernwaarhede van ons bestaan. Dit is heilige spasies wat die Here ons gee om mekaar te ontmoet; waar jy in ’n ander wêreld ingenooi word. ’n Wêreld wat buite jou gemaksone lê en vir jou wag; nie net vir jou om met jou ore te ont­vang nie, maar ook om te gee. Die ingangsfooi is eg­ter nie een van silwer of goud nie maar van kwesbaar­heid.

[aesop_character img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2017/06/Dewald-Hoffmann1.jpg” caption=”Ds Dewald Hoffmann is predikant in Richmond.” align=”right” width=”250px” force_circle=”off”]

Sonder kwesbaarheid sal ons nooit leer, luister of stilstaan by mekaar nie. Dit is deur kwesbaarheid dat ons nie net die hartklop van die ander kan hoor nie, maar ook van God. Dit is in hierdie rou spasies waar ons mekaar werk­lik ontmoet, in oom­blikke van opregte begrip en ware empatie. Dit is ’n helder lig wat ontbloot. Dit ontbloot nie net ons eie foute en tekortko­minge nie, maar dit bring ook in skerp kontras die gebrokenheid van ons wêreld.

Dit is wanneer die wêreld se stories van pyn en onreg ons konfronteer, dat die Here ons die geleentheid gee om iets nuut te skep. Ons word die geleentheid gegee om ons pen te vat en woorde van hoop en lewe te skryf, eerder as om verder te skryf aan narratiewe van haat en dood. Ons word egter elke dag so oorweldig deur verhale wat verteer en seermaak, dat ons die waag­moed verloor het om ander verhale te skryf.

Miskien wil die Here ons weer opnuut kom herinner dat ons ’n ander boodskap dra, dat ons ’n ander sto­rie kan skryf. Dat ons die potensiaal het om stories te skryf van hoop, lewe, aanvaarding, inklusiwiteit en ver­draagsaamheid. Maar nie voordat ons die talle klaagliedere en lamente van haat, dood, verwerping, oordeel en eksklusiwiteit aangehoor het nie. Dit is bin­ne die donkerste spasies waar ons geroep word om saam met ander aan die koninkryk van Christus te skryf in kwesbaarheid en nederigheid.

Ds Dewald Hoffmann is predikant in Richmond.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top