Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

’n Skoon en aantreklike omgewing is bevorderlik vir enige pasiënt se herstelproses. Gun ons dit vir Moeder Aarde?

Suid-Afrikaners genereer 540 miljoen ton afval per jaar. Afval word natuurlik nie weggegooi nie; net verskuif na waar dit ons nie pla en ons dit verkieslik nie kan sien of ruik nie. Die impak van onoordeelkundige storting is vernietigend op ekosisteme en dus die welstand van dier, plant, bodem en mens.

Twee dwingende redes vir die beduidende verminde­ring van rommelstorting: Dit dra by tot die herstel van die omgewing en gevolglik tot die gesondheid van al die aardbewoners; tweedens verminder dit druk op hulpbronne: tot 90% van huishoudelike afval kan hergebruik of herwin word om sodoende energiebesparing in ver­vaar­digingsprosesse en afname in kweekhuisgas-vrystel­lings te bewerkstellig.

Hoe? Verminder rommel deur onnodige aankope te vermy en hergebruik of hersirkuleer die res. Organiese afval word gekomposteer vir tuingebruik.

Aarde, sy sal só dankbaar wees!

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top