Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hoe gaan ons ’n verskil maak in gemeentes?

Hierdie is 'n opiniestuk.
Die skrywer se standpunte weerspieël nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Kyk ek na my boekrak en blaai ek deur die 10 si­nodes se webtuistes, sien ek ons kerk is ge­seënd met verskriklik baie leesstof. Baie men­se het oor baie jare harde werk ingesit om goeie ma­teriaal vir ons kerk te skryf. Hierdie proses gaan steeds voort as ek net sien wat deesdae alles geskryf word oor missionale kerkwees.

Sit ek egter so en dink, dan vra ek myself af: “Hoe­­veel van die goeie materiaal word gebruik in ons gemeentes en kom regtig by ’n gewone lidmaat ie­wers in die gemeente uit?”

Jakobus skryf in Jakobus 1:22: “Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself.” Ons het soveel mooi mate­riaal oor rentmeesterskap en intussen kry ons kerk dit nie reg om tred te hou met die inflasiekoers nie. Ons het soveel mooi materiaal oor dissipelskap en intussen sukkel ons om kerkraadslede te kry.

Nou kry ons mooi materiaal oor missionale kerk­wees waarvoor ek baie dankbaar is. Die vraag is: “Hoe gaan ons seker maak dat dit ’n verskil maak in gemeentes en in gewone lidmate se lewens?”

Aan die einde van 2016 het die Sinode van Wes-Transvaal verander na Sinode Goudland. Die veran­de­ring was nie net ’n naam wat verander het nie. Goudland se doel was om wesenlik te verander in die manier wat ons sinode funksioneer.

[aesop_character img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2017/08/Brink-Johan-Wes-Tvl1.jpg” caption=”Ds Johan Brink is voorsitter van Sinode Goudland se sinodale bestuurskomitee.” align=”right” width=”250px” force_circle=”off” revealfx=”off”]

Een van ons belangrikste besluite was om ’n nu­we struktuur vir ons sinode te kry. (Miskien was dit nog altyd ons struktuur en het ons dalk net party dae daarvan vergeet.) Die skematiese voorstelling daarvan wys dat gemeentes bo is en die “modera­tuur” heel onder. Ek dink dit is ’n prentjie wat ons altyd in ons gedagtes moet hou in die kerk.

Ons skema wys dat alle strukture in die sinode net ten doel het om gemeentes beter te laat funksioneer.

Gemeentes is mos eintlik waar die kerk funksioneer. Die sinodale bestuurskomitee (of modera­tuur) het daarom ook besluit om weer na ons gemeen­tes te luister en hulle behoeftes aan te spreek. Ons wil hulle bedien.

Ek wens dat ek al die wysheid en antwoorde gehad het om te weet hoe ons regtig by al ons lid­ma­te in die kerk kan uitkom en hoe ons die wonder­li­ke waarhede wat die Here deur tyd vir ons gegee het, by lidmate kan kry.

Wanneer ek dan so dink, wonder ek of ons nie tog iewers iets verloor het in ons moderne tyd met al ons wonderlike maniere van kommunikasie nie. Moet ons nie weer ’n keer in elke huis kom en mekaar in die oë kyk dat elke lidmaat kan ervaar dat ons omgee nie?

Die Here Jesus het met 12 begin en tyd aan hulle spandeer. Die 12 (Paulus ingetel) en die groepie vroue het weer van huis tot huis verder vertel.

Kom ons bid en dink saam. Kom ons onthou dat ons nie net moet hoor nie maar ook moet doen in ons geliefde kerk.

Ds Johan Brink is voorsitter van Sinode Goudland se sinodale bestuurskomitee.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top