Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG KERK UPINGTON

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Aansoeke word ingewag vir ’n voltydse leraarspos
SLUITINGSDATUM: 15 September 2017.

Die NG gemeente Upington vier in 2018 sy 125ste bestaansjaar en is bevoorreg om in ’n pragtige historiese gebou gehuisves te wees. Die gemeente bestaan uit 360 belydende en 116 dooplidmate.

GEMEENTEPROFIEL:

 

Die volgende is vir ons uiters belangrik:

• Ons gereformeerde belydenis, tradisie en spiritualiteit.

• Ons missionêre roeping.

• Ons wil ’n liefdesgemeenskap wees wat in die samelewing en breë gemeenskap ’n verskil maak.

• Ons wil ’n inklusiewe gemeenskap wees wat almal wat die evangelie van Jesus Christus wil hoor, ongeag wie hulle is, met ope arms verwelkom en ontvang.

• Geloofsonderskeidende leierskap.

• Ons kinders en jongvolwassenes wil ons koester.

• Kerkeenheid lê swaar op ons hart.

LERAARSPROFIEL:

 

• ’n Persoon wat na aan die Here leef.

• ’n Persoon wat ons gemeentelede en almal in ons breë gemeenskap, sal lief hê.

• ’n Skrifgetroue prediker.

• ’n Persoon wat ons gereformeerde belydenis liefhet.

• ’n Persoon wat al ons gemeentewaardes met ons deel en ons sal help om te word wat ons graag wil wees maar nog nie is nie.

• Sewe jaar of meer ondervinding sal ’n aanbeveling wees.

VERGOEDINGSPAKKET:

Gratis inwoning in die pastorie en die traktement is onderhandelbaar met inagneming van die sinodale riglyne.

’n CV met twee referente moet per e-pos aan moedergemeenteupington@gmail.com gestuur word.

SLUITINGSDATUM: 15 September 2017.

Die kerkraad sal uit al die aansoeke ’n kortlys saamstel. Die kerkraad hou hom die reg voor om onder bepaalde omstandighede nie ’n aanstelling te maak nie.

NAVRAE kan gerig word aan: Ds Louwtjie Louw, sel: 084 211 0211.
Mnr Riaan Kotze, sel: 083 459 1380.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.