Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Jeugleraar/werker
Sluitingsdatum: 6 Oktober 2017.
Die NG gemeente Suiderhof in Namibië stel hiermee die vakature vir die pos van ’n jeugleraar/werker bekend.
Ons is op soek na ’n dinamiese jeugleier wat passievol is oor die Here, en wat sy/haar verhouding met God daagliks op ’n egte wyse uitleef.
Jy moet ’n hart vir jeugbediening hê en gefokus wees om jong dissipels met ’n passie vir Jesus te lei en te mentor. Groot fokus word geplaas op die erediens vir die gr 7-11 kinders en daarom is die vermoë om met hulle te kommunikeer op persoonlike en digitale vlak hoogs belangrik. Jy moet tegnologies vaardig wees met ’n honger om relevant te bly in ’n mediagedrewe generasie, tesame met die vermoë om goed te organiseer en ander te inspireer om deel te raak van God se plan vir sy koninkryk. Verhoudings bou met die kinders en om effektief in ’n span te kan werk is natuurlik kernbelangrik. Jy moet opgewonde wees om deel te raak by verskeie skole en interkerklike bedieninge.
Deel van die pos sal ook wees om by Fresh Namibië betrokke te wees by hulle besigheidsbediening en kleingroepe.
’n Teologiese graad met ervaring van jeugwerk is ’n voorvereiste.
Verdere aanbevelings kan insluit:
• Ervaring van uitreik- en dienswerkkampe;
• Ervaring van kleingroepbediening;
• Opleiding en ervaring in gesinsbediening;
• Beradingsagtergrond en -vaardigheid;
• Ervaring van musiekbediening en die speel van ’n musiekinstrument;
• Namibiese burgerskap.
Vergoeding: ’n Vergoedingspakket volgens sinodale skaal met ’n behuisingsubsidie of gratis behuising word aangebied.
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2018.
Aansoeke: Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV en drie referente, asook ’n 300 woorde beskrywing van die kandidaat se siening tov jeugbediening. Aansoeke kan na die volgende e-posadres gestuur word: ngks1@afol.com.na
Sluitingsdatum: 6 Oktober 2017.
Navrae: Verdere navrae kan gerig word aan: Francie van der Merwe (+264 61 25 1414 of ngks1@afol.com.na)
