Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: VOLTYDSE LERAAR
Sluitingsdatum: 3 Oktober 2017.
In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad die bogenoemde vakature bekend.
GEMEENTEPROFIEL: ’n Goed gevestigde gemeente geleë in Vrede in die Oos-Vrystaat,
met 385 belydende en 96 dooplidmate. Die gemeente bestaan uit ’n boerderygemeenskap en ’n normale plattelandse omgewing. ’n Baie goeie hoër- en laerskool.
VERGOEDING: Volgens sinodale riglyne. ’n Ruim pastorie word voorsien.
DIENSAANVAARDING: So spoedig moontlik.
AMPSPLIGTE: Volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
LERAARSPROFIEL: Die volgende is vir die kerkraad belangrik in die vul van die vakature:
- Gelegitimeerde proponente en predikante van die NG Kerk kan aansoek doen.
- Opregte liefde vir Jesus Christus, sy mense en sy koninkryk.
- Passievolle, Skrifgetroue en dinamiese prediking waar volwassenes en kinders betrek word in die erediensgebeure.
- Liefdevolle pastorale sorg en gestruktureerde besoekwerk.
- Sterk leierskap en samewerking in spanverband.
- Aktivering en begeleiding van gesinne en die gemeentejeug.
- Samewerking met buurgemeentes en kerke in wyer verband.
- Opbouende verhoudings tot voordeel van die koninkryk.
- ’n Vernuwende jeugdige bedieningstyl in pas met moderne tegnologie.
BELANGSTELLENDES WORD VERSOEK OM OP DIE VOLGENDE TE LET:
- Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud asook die waarneem van ’n oggenddiens.
- Die kerkraad behou die reg voor om nie die vakature te vul indien ’n geskikte kandidaat nie gevind word nie.
- Alle seënwense aan belangstellende kandidate.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 3 Oktober 2017.
’n Volledige CV en die kontakbesonderhede van drie referente kan gestuur word aan die skriba by die volgende e-pos: vredewes@lantic.net
Aansoeke na: Skriba, Posbus 371, Vrede 9835.
Navrae:
- Tonie Scholtz 082 903 5725 (Voorsitter van die kerkraad).
- Sandra Volschenk 082 371 4467 (Saakgelastigde).
