Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Hulpleraarspos – Een jaar vastetermyn
Sluitingdatum vir aansoeke: 31 Desember 2017.
In biddende afhanklikheid nooi die NG gemeente Wolmaransstad gelegitimeerde leraars met volle ampsbevoegdheid (proponente en emeriti ingesluit) om aansoek te doen vir bogenoemde voltydse pos.
Gemeenteprofiel:
NG gemeente Wolmaransstad gesetel in die Ring van Bloemhof, Sinode Goudland, is ’n dinamiese plattelandse gemeente, geleë in die hart van ’n ryk diamantveld en saaigebied in die Noordwes Provinsie. Die gemeente bestaan reeds 129 jaar en huisves ongeveer 700 lidmate met ’n 50/50 verdeling tussen plaas- en dorpsbesoekpunte.
’n Vooraanstaande tehuis vir bejaardes, kleuter-, laer- en hoërskool is deel van die bedieningsterrein.
Die gemeente plaas ’n premie op gestruktureerde huisbesoek en persoonlike kontak tussen leraar(s) en lidmate.
Die visie van die gemeente is om as Geesvervulde dissipels van Jesus Christus, in sy koninkryk werksaam te wees.
Werksprofiel:
Van die applikant word verwag om om te sien na die basiese behoeftes van die gemeente, soos omskryf in Art 9 van die Kerkorde.
Vergoeding:
Vergoeding, asook ander moontlike voordele, sal met die geskikte kandidaat onderhandel word, na gelang van die werkslading ooreengekom.
Aansoek:
Rig ’n kort CV, motiveringsbrief, onlangse foto, gewaarmerkte afskrifte waar nodig en finalejaars akademiese rekord, aan:
elizenieuwoudt@telkomsa.net / vanstaden.hennie.20@gmail.com
Sluitingdatum vir aansoeke: 31 Desember 2017.
Kandidate wat die kortlys haal sal genooi word vir ’n onderhoud en ’n preekgeleentheid.
Navrae:
Me Elize Nieuwoudt – 018 596 2100. Kantoorure: Maandag tot Woensdag en Vrydag
08:00 tot 13:00 of ds JA Jonker – 082 063 7499.
Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak indien ’n geskikte kandidaat nie gevind word nie.
