Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: Vrydag, 6 Oktober 2017.
In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad die bogenoemde vakature bekend.
Gemeenteprofiel
Stellenberg is ’n makrogemeente in die noordelike voorstede van Kaapstad en bedien woongebiede soos Eversdal, gedeeltes van Durbanville, Stellenberg en ook verskeie ander areas buite die tradisionele gemeentegrense van Stellenberg. Daar is ongeveer 5 500 lidmate betrokke by die gemeente en word bedien deur vyf voltydse leraars en een pastorale hulp. ’n Voltydse kinderwerker is ook in diens van die gemeente.
Leraarsprofiel
- Gelegitimeerde predikant van die NG Kerk.
- ’n Leraar, wat die Here liefhet en dien en wat ook baie lojaal is aan die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
- Die breë spektrum van gemeentebediening is belangrik vir hierdie pos. Dit sluit in alle vorme van pastoraat, prediking, gemeentebestuur, dissipelmaking en familiebediening.
- Bewese ervaring in gemeentebediening is ’n vereiste en spesifieke ervaring en vaar-digheid in die bediening van kleingroepe en familiebediening is ’n sterk aanbeveling.
Belangstellendes word versoek
- Om ’n volledige CV met die name en kontakbesonderhede van drie persone wat as verwysings gekontak kan word, te voorsien.
- Indien versoek word, moet die aansoeker bereid wees om ’n onderhoud by Stellenberg te kom voer met lede van die pre-advieskommissie.
- Leraars wat op die kortlys kom, sal versoek word om ’n opname van ’n preek wat gedurende die afgelope drie maande gelewer is, te voorsien.
Vergoeding en verblyf
’n Vergoedingspakket, volgens sinodale riglyne, sal onderhandel word.
’n Pastorie is beskikbaar vir die leraar en sy/haar gesin.
Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag, 6 Oktober 2017.
Kontakbesonderhede van kerkkantoor waarheen aansoeke gestuur kan word
Die voorsitter van die Diensverhoudingekommissie: stellenberg@stellenberg.co.za
