Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: LERAAR
Sluitingsdatum: 29 September 2017.
Die kerkraad nooi gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid binne die NG Kerk om aansoek te doen vir bogenoemde vakature.
Hierdie is ’n vaste termynpos van drie jaar.
1. Gemeenteprofiel:
• Die gemeente is deel van die Noordelike Sinode van die NGK en val binne die ringsgebied van Derdepoort.
• Die gemeente is geleë in die residensiële gebied van Môregloed, ’n voorstad in die Moot van Pretoria.
• Die gemeente bestaan uit 328 belydende en 71 dooplidmate. Die ouderdomsverspreiding is: bo 60: 34,7%, 46-59: 18,7%, 26-45: 23,1%, onder 25: 7,7% en vereis spesifieke aandag vir elke ouderdomsgroep.
• Die bedieningsmodel is ’n kombinasie van die herder/kudde en liggaam van Christusmodel.
• Die groot aantal lidmate bo 60 vereis ’n baie persoonlike bediening. Siekesorg stel hoë vereistes.
• Al die bedieningsvereistes soos bepaal in Artikel 9 van die Kerkorde is vir die kerkraad en gemeente belangrik.
2. Leraarsprofiel:
Die suksesvolle kandidaat sal ’n leraar wees wat die gemeenteprofiel met entoesiasme en toewyding in ag sal neem.
3. Aansoekprosedure:
Belangstellendes stuur ’n beknopte CV (twee A4) aan die kerkkantoor en voltooi ’n vraelys wat by die kerkkantoor beskikbaar is. Sluitingsdatum is 29 September 2017. Kandidate op die kortlys moet instem tot deelname aan
’n gedragsontledingstoets (DISC) op koste van die kerkraad.
4. Vergoeding:
’n Allesinsluitende pakket tot ’n maksimum van R465 000 (TKVI) word aangebied en is nie onderhandelbaar nie. Die pakket kan belastingvoordelig gestruktureer word en sluit alle toelaes bv behuisings- en motortoelae in.
5. Diensaanvaarding: Teen 1 Januarie 2018 of so spoedig moontlik daarna.
6. Die kerkraad behou hom die reg voor om sonder opgaaf van redes nie ’n aanstelling / beroep uit die aansoekers uit te bring nie.
7. Navrae: Ds Willem Kritzinger (012 331 0889 / 082 417 1989).
E-pos: willemkritz@gmail.com of die administratiewe beampte (Ilse van Hemert) (082 434 6499). E-pos: ilsevh@ngkerkmoregloed.co.za
