Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Jeugwerker – Kinderbediening
Sluitingsdatum: Vrydag, 13 Oktober 2017.
Rant en Dal Prisma is ’n dinamiese voorstedelike gemeente wat deur drie leraars bedien word. Daar is ’n sterk fokus op jeugbediening wat bestaan uit:
- Dixon Kids: babas tot Gr 6
- Gr 7’s
- Diesel: Gr 8-11
- The Village: Jong volwassenes (18-25 jaar).
Dixon Kids vind hoofsaaklik op Sondagoggende plaas en ons poog deurentyd om dit kindervriendelik en toepaslik te maak. Die gemeente het tans ’n vakature vir ’n jeugwerker om hierdie been van die bediening te lei.
Die kandidaat sal nou met die jeugpredikant en die jeugspan saamwerk. Hy/sal oa verantwoordelik wees vir die beplanning en bestuur van Sondagoggend se programme, ’n jaarlikse vakansieprogram tydens die Julie-skoolvakansie, aktiwiteite vir kinders tydens die jaarlikse basaar, weeklikse aanbiedings by plaaslike skole, en nog meer.
Profiel van die kandidaat
• ’n Passie vir die Here en die vestiging van sy koninkryk.
• ’n Passie vir bediening aan kinders en hul ouers.
• Toepaslike kwalifikasie en ondervinding.
• Die nodige leierseienskappe om ’n span vrywilligers te bestuur.
• Energiek, gemotiveerd en ’n spanspeler.
• Nie ouer as 40 jaar nie.
Vergoeding
’n Mededingende vergoedingspakket word aangebied.
Aansoeke
• Stuur ’n relevante CV na admin@rantendalprisma.co.za met ten minste drie referente.
• CV’s moet die kerkkantoor bereik teen Vrydag, 13 Oktober 2017.
Navrae
Ds Wimpie Wasserman, 011 665 2017 of wimpie@rantendalprisma.co.za
