Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

Om ’n kleiner voetspoor op die brose aarde te trap, is dit volgens Miller belangrik om te vra: “Hoeveel is genoeg?” Twee faktore kompliseer die antwoord:

Eerstens: Die lyn tussen wat ek nodig het en wat ek graag wil hê, vervaag as gevolg van die snelle tegnologiese ontwikkeling en gepaardgaande effek op die menslike psige. TV, selfone en rekenaars was twee dekades gelede luukshede, maar is nou noodsaaklikhede. Steeds meer men­se maak aanspraak op ’n groter verskeidenheid ver­brui­kersgoedere waarvan die vervaardiging nadelig im­pakteer op die ekosisteme.

Tweedens toon Miller aan dat die begeerte van die mens na materiële besittings, aangevuur deur kommersiële bemarking by vele ’n verslawingsvlak bereik het. Ons praat grappenderwys van “retail therapy” as manier om jou beter te laat voel.

Dit is goed om te wonder oor jou eie vergenoegdheid. Jesus moedig ons mos aan om skatte bymekaar te maak waar mot en roes dit nie kan bykom nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top