Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE ELARDUSPARK

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature – voltydse jeugleraarspos (hoërskool, studente en jong werkendes)
Sluitingsdatum: 20 Oktober 2017.

GEMEENTEPROFIEL

Elarduspark is ’n makrogemeente in die ooste van Pretoria wat tans deur vyf voltydse leraars, elk met ’n eie spesialisasie terrein, bedien word. Daar is verskeie kleuterskole, ’n groot laer- en hoërskool in die omgewing. Daar is 1 674 dooplidmate in die gemeente.

AMPSPLIGTE

Tienerdienste, kategese, weeklikse tienerbyeenkomste, studentebyeenkomste, kampe, uitreike. ’n Volledige posbeskrywing is beskikbaar.

LERAARSPROFIEL

  • Teologiese studente tans in hulle finale jaar, gelegitimeerde proponente en predikante van die NG Kerk.
  • ’n Volle spanspeler en dinamiese leierskap.
  • Spanbouer wat gemaklik klein en groot groepe kan lei tot opbou van die jeugbediening.
  • ’n Jeugdige en vernuwende bedieningstyl in pas met die moderne tegnologie.
  • ’n Goeie en gemaklike prediker wat die Skrif aktueel binne die lewenswêreld van die jeug kan vertolk.
  • Vereenselwiging met die teologiese identiteit van Elarduspark.

BELANGSTELLENDES WORD VERSOEK OM OP DIE VOLGENDE TE LET EN TE REAGEER:

  • Belangstellendes wat aansoek wil doen, moet so gou moontlik by kerkkantoor@ngelarduspark.org.za die volledige inligting bekom oor wat alles die aansoek moet vergesel.
  • Aansoekers wat die kortlys haal, moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud van 6-9 November 2017.
  • Die kerkraad behou die reg voor om nie die vakature te vul indien ’n geskikte kandidaat nie gevind word nie.

SLUITINGSDATUM
20 Oktober 2017.

VERGOEDING
Volgens sinodale riglyne waarby ingereken ’n huissubsidie.

DIENSAANVAARDING
1 Januarie 2018.

NAVRAE
Ds Leon Westhof (leonwesthof@ngelarduspark.org.za) of 012 345 1144.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.