Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE ONDER-MOLOPO

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Gemeenteleraar
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2017.

Gemeenteprofiel:

Die NG Gemeente Onder- Molopo is ’n plattelandese gemeente te Bray. Bray is geleë in die Noordwes-provinsie, op die grens teen die Molopo-rivier. Bray is sowat 220 km noord van Vryburg, waarvan 40 km grondpad is. Daar is ’n privaat laerskool met ’n koshuis op die dorp.

Leraarsprofiel: Normale leraarspligte soos omskryf in Kerkorde Artikel 9.

Die volgende aspekte van die bediening word vermeld:

  • Die kerkraad verteenwoordig ’n gemeente wat die Here Jesus baie liefhet.
  • Die kerkraad bid om ’n geroepene as God se gawe aan die gemeente volgens Efesiërs 4 v 12. Die plase is meesal groot en is oor ’n groot gebied verspreid en die die grondpaaie is soms uitdagend. Die gemeente is verantwoordelik vir 3 preekpunte waarvan een in Botswana geleë is.
  • Gemeentelede op plase wil dat die leraar kom “saamboer” as deel van huisbesoek. Enkele ouer lidmate waardeer so ‘n “saamboer” besoek met ’n kuier omdat hulle wonings afgeleë is. Die leraar moet kan sosialiseer met jonger en ouer lidmate.
  • Eredienste en wyksbyeenkomste moet dinamies wees en wesenlik bydra tot groei. Die kategese by die privaat laerskool word in samewerking met lidmate aangebied.
  • Die kerkraad stel ’n hoë premie op deursigtigheid en sal gereelde gesprekke oor bedieningsdoelwitte en planne daarrondom waardeer. Eweneens sal die kerkraadslede ook gereeld verslag doen oor verwikkelinge in hul wyke.
  • Die kerkraad wil die leraar ondersteun in sy persoonlike hoedanigheid, en dit moontlik maak om met ander leraars in die omgewing gereeld te vergader.
  • Die kerkraad sal van kandidate verlang om beskikbaar te wees vir ’n besoek van ’n paar dae wat ’n preekbeurt mag insluit.

Die kerkraad behou die reg om nie ’n aanstelling uit die aansoekers te maak nie.

Aard van pos: Voltydse Onbepaalde Termynpos.

Vergoeding: ’n Pakket wat wissel van Skaal 1 – 4 na gelang van diensjare

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2017.

Aansoeke: Stuur ’n kort CV, nie langer as drie bladsye, na me Martie Coetzee by 072 047 6276, dgmartie@mighty.co.za (bevestig asb met sms).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.