Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE OVERKRUIN

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Jeugwerker
Sluitingsdatum: 3 November 2017.

Die NG gemeente Overkruin beskik tans oor ’n vakature vir ’n JEUGWERKER

Gemeenteprofiel:

NG gemeente Overkruin is geleë noord van die Magaliesberg in Wonderboom, Pretoria. Die gemeente bestaan uit ongeveer 1 700 aktiewe belydende en dooplidmate waarvan ongeveer 480 skoolgaande en belydende lidmate jonger as 25 jaar is.

Posspesifikasie:

Die suksesvolle applikant sal nou saamwerk met die leraars van die gemeente, die musiekbedieningsgroep wat tydens aanddienste optree en plaaslike skole en sal verantwoordelikheid aanvaar vir alle aspekte van jeugbediening en kategese. Die suksesvolle kandidaat sal oor ’n meerderheid van die volgende eienskappe beskik:

• Passie vir kinders en jongmense.

• Bewese leierseinskappe.

• Energieke lewenstyl en spanwerker.

• Vermoë om jeug en ouerbetrokkenheid te bevorder.

• Vermoë om ondersteuning en hulp te verleen aan jeug en ouers met diverse behoeftes.

• Vermoë om ’n omgewing te skep waar jeug voel dat hulle waardeer en gereken word.

• Vermoë om jeug te mobiliseer om betrokke te raak by gemeentelike aktiwiteite.

Vergoeding:

’n Markverwante salaris word aangebied wat onderhandelbaar is na gelang van kwalifi- kasies en ervaring.

Sluitingsdatum vir aansoeke:

3 November 2017.

Diensaanvaarding:

2 Januarie 2018.

Aansoek:

Stuur asb ’n volledige CV aan: heinrich.carstens@icloud.com of corne.ngoverkruin@gmail.com

Navrae:

Ds Corné Randall – 072 207 8350
Ds Heinrich Carstens – 083 566 1490

Die gemeenteraad behou die reg voor om geen aanstelling in die pos te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.