Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraarspos
Sluitingsdatum: 27 Oktober 2017.
In biddende afhanklikheid van die Here nooi die NG gemeente Rondebosch gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid om aansoek te doen vir die pos.
Gemeenteprofiel
Rondebosch gemeente bestaan reeds 125 jaar. Dit is ’n gemeente in die suidelike voorstede van Kaapstad met 200 belydende lidmate waarvan 60% ouer is as 60 jaar. Daar is talle skole en tersiêre instellings binne die gemeentelike grense en daar bestaan potensiaal om nog baie jong mense in hierdie familie te verwelkom.
Die slagspreuk van die gemeente is: Kom deel die liefde van Christus in ons familie.
Leraarsprofiel
Die leraar moet ’n energieke, dinamiese persoon wees, wat:
- Opreg glo dat Jesus Christus, ons verlosser is en vir ons gesterf en opgestaan het;
- binne die Gereformeerde tradisie geestelike groei in die gemeente kan bevorder met Skrifgetroue Woordverkondiging;
- vernuwend dink;
- inklusiwiteit bevorder;
- die gemeente kan lei en onderrig in hul toewyding aan God en hul meelewing met mekaar en die gemeenskap;
- goed kontak kan maak met mense en ’n aanvoeling hê vir pastorale betrokkenheid;
- visionêr kan dink oor hoe om leerders, studente en jong gesinne binne die grense van die gemeente te bereik;
- samewerking met ander Christelike denominasies in die gemeenskap soek.
Werksprofiel
Die verantwoordelikhede soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde aanvaar.
Die bedieningstrategie van die gemeente verder help formuleer, leef en uitbou.
Vergoeding
Volgens sinodale skaal. Behuising word voorsien.
Aansoek
Aansoek word per e-pos gestuur aan NG Kerk Rondebosch by ngkrbos@mweb.co.za
Aansoek moet ’n CV (maksimum drie bladsye) en minstens drie verwysings insluit.
Die kerkraad hou die reg voor om geen aanstellings te maak nie.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 27 Oktober 2017.
Navrae: Ds Willie Viljoen, kontakbesonderhede 082 853 5652 e-pos: willie.v@telkomsa.net
Diensaanvaarding: Januarie 2018 of so gou moontlik ná die datum.
