Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Leraarspos
Sluitingsdatum: 3 November 2017
Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van Bedienaar van die Woord.
GEMEENTEPROFIEL:
• Postmasburg ’n groeiende plattelandse gemeente, geleë 200 km wes van Kimberley.
• Groot mynbou-ontwikkeling in die omgewing wat veroorsaak dat die dorp tans uitbrei.
• Lidmaattal: ±1 000 lidmate (doop en belydend).
• Ongeveer 30% jongmense (werkend en skoolgaande) en kinders (laerskool).
LERAARSPROFIEL:
Van die kandidaat sal verwag word om die gemeente te bedien in alle fasette van die gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde. Die volgende vereistes is van besondere belang vir die kerkraad:
• Iemand wat ’n passie vir Jesus Christus het en die Woord suiwer verkondig en uitleef.
• Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate, pastoraat en huisbesoek.
• ’n Goeie spanwerker met uitstekende interpersoonlike vaardighede en sterk leierseienskappe.
• Effektiewe kommunikasie en doelgerigte bediening in ’n diverse gemeenskap.
VERGOEDING:
Die vergoedingspakket is onderhandelbaar met die sinodale skaal en ander voordele en riglyne as basis. Die gemeente beskik oor ’n ruim pastorie.
AANSOEKE:
• Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV, 2 onlangse getuigskrifte sowel as die name van minstens 4 referente.
• Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud indien daartoe versoek op 15 November 2017.
• Sluitingsdatum: 3 November 2017.
• Per pos: Posbus 40, Postmasburg 8420.
• Per e-pos: ngkpostmas@vodamail.co.za
• Per faks: 086 751 7160.
DIENSAANVAARDING:
• Januarie/Februarie 2018 of soos ooreengekom.
NAVRAE: Kerkkantoor: Maryna Scholtz 053 313 0648, Anne-Marie Wahl 082 570 0539 (Hoofouderling). Keydy O’Callaghan 083 282 6624 (Leraar).
