Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG KERK WARDEN

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltyds-onbepaalde leraarspos
Sluitingsdatum: 10 November 2017

Die kerkraad van die NG gemeente Warden is in biddende afhanklikheid van die Here as Hoof van Sy kerk, wagtend vir aansoeke vir die pos van ’n gestuurde bedienaar van die Woord.

GEMEENTEPROFIEL:

Die gemeente van Warden is geleë in die Oos-Vrystaat, 50 km noord van Harrismith op die N3. NG gemeente Warden vier in 2017 haar honderdste bestaansjaar in hierdie plattelandse, aktiewe boerderygemeenskap. Ons leef in volle bewustheid van God se voorsiening, met die eeufeestema: Die Here voorsien! (Gen 22:14)

Die Gemeente bestaan tans uit 426 belydende en 115 dooplidmate. Hier is tans 5 groot plaaswyke en 10 dorpswyke: 250 besoekpunte. Die gemeente van Warden geniet ’n gereformeerde spiritualiteit in alle fasette van die bediening.

LERAARSPROFIEL:

 

  • Enige gelegitimeerde, asook studente wat verwag om einde van 2017 gelegitimeer te word, word uitgenooi om aansoek te doen.
  • Die gestuurde leraar sal verantwoordelik wees vir alle pligte volgens Kerkorde Artikel 9, met byvoeging van sistematiese huisbesoek. In die uitvoering van die ampspligte is samewerking met die kerkraad se verskeie bedieninge vir ons belangrik.
  • Opbouende verhoudings en opregte belangstelling in alle ouderdomsgroepe is vir die gemeente van Warden ’n prioriteit in die unieke, plattelandse konteks.
  • As gestuurde leraar van die gemeente, wil ons die bestaande samewerking met buurgemeentes en kerke in wyer verband voortsit en uitbou.

 

VERGOEDING:

Volle lewensonderhoud met Sinodale riglyne in ag genome. ’n Ruim en gerieflike pastorie word voorsien.

AANSOEKE:

Belangstellendes moet asb. ’n CV met minstens drie referente aan die kerkkantoor stuur, voor of op 10 November 2017.

Kandidate op die kortlys sal op die gemeente se onkoste genooi word vir ’n onderhoud en preekbeurt.

Die kerkraad behou die reg om nie ’n aanstelling te maak uit die beskikbare aansoeke nie.

SLUITINGSDATUM: 10 NOVEMBER 2017.

DIENSAANVAARDING: So spoedig moontlik.

NAVRAE:

Marga Smit (Skriba): 058 643 0553 (Kantoorure: Ma-Vr: 08:00-13:00)

E-posadres: ngkwarden@zippnorth.co.za

Johann van Niekerk (Kerkraadsvoorsitter): 082 491 5522.

Barend Human (Voorsitter Pre-Advies): 082 770 8381.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.